Bidbeertjies vir Jesus

Geroepe om te brei en bid

Wat is 'n Bidbeertjie?

God roep vroue met die belofte uit Openbaring 3:8

“Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het ‘n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie”

Hierdie teddietannies, “bless” mense met die beste wat hulle het nl.: Gebed en ‘n gebreide Bidbeertjie.

Kom in eerste rat om Jesus se boodskap af te lewer!

Terwyl die Teddietannies brei, praat hulle met God oor jou voete, bene, heupe – jou hele lyf.

 

Waarom 'n Bidbeertjie

‘n Bidbeertjie sit die boodskap van Jesus, Johannes 3:16, in die hand van ‘n mens wat stukkende, seer en bekommerde mense wil “bless”, troos en hoop gee.

Hierdie is nie gewone gebreide beertjies nie. Meeste beertjie-projekte is humanitêr, “ek is jammer vir jou” bere.

Hierdie beertjie is toegedraai in gebede en elkeen wat so ‘n beertjie ontvang, ontvang ‘n belofte van God.

Die Heilige Gees openbaar wie die Bidbeertjie moet kry. Ouderdom tel nie. Ontvangers moet die boodskap verstaan en aangemoedig word om dit elke aand en oggend te herhaal. Dié bidbeertjie is ‘n saamslaap, troetelmaatjie, of selfs ‘n kussinkie onder die kop.

Elke aand voordat die ontvanger aan die slaap raak, sê hy/sy hardop “Jesus Loves me “ en onthou dat daar iemand is wat vir hom/haar bid. Môreoggend is dit die eerste boodskap vir die nuwe dag.

Gelofte

Teddietannies maak 'n gelofte om altyd vir al die ontvangers van haar wol-kinders te bid

Tekse

God voorsien tekse vir die tannies om te oordink terwyl hulle brei

Deure

God maak deure oop en skep geleenthede vir Bidbeertjies om te werk

'n Bidbeer moet 'n badge op sy bors hê!

Onthou!

Maat

'n Bidbeer is 'n saamslaap maat, iemand om mee te praat en vas te druk

Altyd

Daar is altyd iemand wat vir jou bid!

Laaste

Die laaste gedagte voor jy aan die slaap raak is: "Jesus loves me!"

Eerste

Die eerste boodskap vir jou nuwe dag is: "Jesus loves me!"