Pocket Size Bidbeertjies

"Pocket Size" Bidbeertjies

Ek wil julle graag vertel van ‘n wonderlike geleentheid om julle nuwe graad 1 leerders se skoolloopbane met Jesus en gebed te plavei. Ons geheime wapen is ‘n Pocket-size saam dra bidbeertjie in dieslefde kleur as hul nuwe skooldrag. Dis is ‘n wonderlike gratis manier om Jesus en gebed ‘n werklikheid te maak vir die kleintjies. Hoe spesiaal is dit as ‘n bang eersteskooldag hartjie, ‘n tasbare bewys van Jesus, mamma of ouma se liefde kan vasdruk en altyd in sy sak of boeksak kan ronddra. Elke kortmens, mamma en ouma ken dié bewerige opwinding van ‘n eerste skooldag.

HOE DOEN ONS DIT? 

Indien u skool belangstel om vir julle graad 1’s Bidbeertjies te gee, stuur die klasjuffrou ‘n inligtingsstuk en video (wat ons voorsien) uit aan die ouers om die konsep te verduidelik. Sy maak ook ‘n opname van watter leerders se oumas en mammas graag self sal wil brei aan hierdie spesiale bidbeertjie. Indien daar kleintjies is wie se mammas of oumas nie kan brei nie, sal ons ‘n Teddietannie vra om vir hulle te brei. Die patroon word aan almal wat wil brei beskikbaar gestel. 

Dit sal vir ons baie lekker wees om saam met julle hierdie pad te stap. Laat ons kinders ons leer: Hulle het vir Jesus en ons gebede nodig. “Heilige Here, Hier is ons kinders. Ons bring hulle soos Hanna van die Bybel in gebed toegedraai. Aan U al die eer. Amen”