Wenke

Praktiese wenke
- Lees die tekse voordat jy begin brei en probeer dit onthou terwyl jy met God gesels as jy brei.
- Ons tel riffies, nie rye nie. Geen harde ogies of neusies mag opgewerk word nie.
- Maak seker dat dit ‘n vriendelike beertjie is en nie ‘n kwaai beer nie.
- Verander die kleur altyd met die regterkant van die breiwerk na jou toe.
- Kop is koussteek.
- Die res van die beertjie word net regs (plain) gebrei.
- Die agterkop kan ook net regs gebrei word.
- Stop redelik styf, veral die nek en kop.
- Gebruik duddeldraad om nek mee in te trek en enkel vir ore en snoet.
- Gebruik 4 draad swart wol om die gesiggie mee te borduur.
- Fatsoeneer die gesiggie en lyfie deur ‘n breinaald deur breiwerk tot in stopsel te druk en dan te skuif tot waar nodig.
- Wanneer bidbriefies gefotostateer word, maak dubbeld seker dat die voor- en agterkante korrespondeer en die briefie sig-sag gevou kan word.